Aleksander I | |
---|---|
Keiser van die Hele Rusland | |
Dinastie | Romanof |
Bewind | 1801–1825 |
Kroning | 23 Maart 1801 |
Volle naam | Aleksander I Pawlowitsj Romanof |
Ander titels | Tsaar Groothertog van Finland Koning van Pole |
Gebore | 23 Desember 1777 |
Gesterf | 1 Desember 1825 |
Voorganger | Paul |
Opvolger | Nikolaas I |
Gade | Louise van Baden (Elisabeth Aleksejewna) |
Kinders | Maria, Elisabeth (albei as babas oorlede) en 9 buite-egtelike kinders by 6 verskillende vroue |
Vader | Paul |
Moeder | Sophia Dorothea van Württemberg |
Aleksander I Pawlowitsj (Russies: Александр I Павлович) (Sint Petersburg, 23 Desember 1777 — Taganrog, 1 Desember 1825) was van 1801 tot 1825 keiser van Rusland.
Hy word in Sint Petersburg gebore as die seun van groothertog Paul Petrowitsj, later keiser Paul, en Sophia Dorothea van Württemberg (Maria Fjodorowna). Aleksander bestyg die troon ná die moord op sy pa en regeer oor Rusland tydens ’n chaotiese periode, die Napoleontiese Oorloë. In die eerste helfte van sy bewind probeer hy verskeie liberale hervormings deurvoer, maar in die tweede helfte besef hy dis ’n onmoontlike taak en skaf hy baie van sy vroeëre hervormings af. In sy buitelandse beleid het Aleksander ’n taamlike mate van sukses behaal en hy het verskeie veldtogte gewen. Die vreemde teenstrydigheid in hom maak Aleksander een van die interessantste keisers. Sy dood was boonop in misterie gehul en dis steeds onbekend waar sy liggaam is.